Abstract

Die toenemende vraag na beter kwaliteit oonddroogtabak, het aanleiding gegee tot navorsing om te bepaal watter rol stikstofbemesting, tophoogte en kultivar speel. Vyf oonddroogtabakkultivars (TL33, OD86, A4, OD224 en OD212) is in 'n veldproef onderwerp aan drie stikstofbemestingspeile (70, 100 en 130 kg N ha−1) en twee tophoogtes (14 en 18 blare). Hoér stikstofbemesting en laer top het die konsentrasies van N, K, Cl en nikotien in die blad verhoog, terwyl die suikerinhoud terselfdertyd afgeneem het. Die K-inhoud het verminder van die onderste na die boonste blare, terwyl die CI- en nikotien-konsentrasies toegeneem het. Meer van die gesogte donker tabak is geproduseer waar die blad 'n hoér nikotien met gepaardgaande laer suikerinhoud gelewer het. 'n Swak verwantskap tussen fisiese en chemiese eienskappe het voorgekom.

Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call