Abstract

Daar is min deskriptiewe navorsing beskikbaar oor die gebruik van setsels in Afrikaans. Die meerderheid van die literatuur fokus op wat presies setsels is en hoe setsels in konstruksies gebruik word, sonder om veel aandag te skenk aan die grammatikale funksie daarvan in sodanige konstruksies. Diachroniese navorsing oor setsels is ook beperk en die diachroniese navorsing wat wel beskikbaar is, fokus nie op die veranderende gebruik van setsels nie. ʼn Setsel waaroor daar min navorsing beskikbaar is, is deur. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die veranderende gebruik van die setsel deur vir die periode 1911 tot 2010. Die setsel se prominentste en ander meer of minder algemene gebruike word aan die hand van funksionele sintaksis, spesifiek die voorstellingsfunksie, geïdentifiseer met behulp van korttermyn-diachroniese korpuslinguistiese metodes. Elke afdeling van die korpus verteenwoordig ʼn dekade van Afrikaanse taalgebruik, naamlik 1911-1920 (A1), 1941-1950 (A2), 1971-1980 (A3) en 2001-2010 (A4). Die analises toon dat die belangrikste algehele frekwensieveranderinge wat deur ondergaan het, ten nouste verweef is met die gebruik van deur-setselstukke om akteurs in agenthebbende passiefkonstruksies in te lei. Tussen A1 en A2 van die korpus is daar ʼn beduidende toename in die algehele gebruik van setselstukke met deur, gevolg deur ʼn beduidende afname in gebruik tussen A2 en A4. Ongeveer 47% van al die setselstukke met deur word oor die korpus heen gebruik om die akteur van agenthebbende passiewe konkrete prosesse in te lei. Die prominentste gebruik van deur het waarskynlik verander as gevolg van ʼn verandering in die totale passiefgebruik oor die korpus heen. Die veranderende setselgebruik van deur kan gevolglik nie toegeskryf word aan verandering in die gebruik van die setsel op sigself nie, maar dit is eerder indirek die resultaat van die veranderende gebruik van passiefkonstruksies oor die korpus heen.

Highlights

  • The four sections in Kirsten’s (2016) Historiese korpus van geskrewe Afrikaans (Historical corpus of written Afrikaans) are used to conduct the analyses

  • The analyses indicate that between S1 and S2 of the corpus there is a significant increase in the total adpositional use of deur

  • The same pattern of frequency changes is once again observed in the most salient use of adpositional phrases with deur with material processes, and where phrases with deur are used as part of the agent in passive constructions

Read more

Summary

INLEIDING

In Afrikaans is daar min deskriptiewe navorsing gedoen oor die gebruik van setsels. Navorsing oor setsels is beperk tot meer formalistiese beskrywings van wat presies setsels is (bv. Ponelis 1979; 1993; Van Schoor 1983:67-84), en hoe dit in konstruksies gebruik word (bv. Kempen 1984; Pretorius 1972; Ponelis 1984), sonder om veel aandag te skenk aan die grammatikale funksie wat die setsels in konstruksies verrig. Beskrywings van setsels in die bogenoemde literatuur, met die uitsondering van Kempen (1984), is veral daarop ingestel om ’n formele onderskeid tussen verskillende tipes setsels te tref aan die hand van die verhouding tussen die setsel en sy aanvulling. Virn gebruiksgebaseerde studie is die bogenoemde groeperings inderdaad van minder belang, aangesien die verskillende tipes setsels blootn uitbreiding van die voorsetsel-basiskategorie is en dieselfde sintaktiese funksies kan verrig (Van Rooy 2017:296; Kotzé 2018:61-63). Daar is egter nie veel navorsing beskikbaar oor wat presies dié sintaktiese funksies is wat setsels in Afrikaans verrig nie en daar word in bestaande (formalistiese) literatuur ook nie veel klem geplaas op wat die prominentste gebruike van die onderskeie setsels in Afrikaans behels nie. Ponelis (1979:330-331; 415) verwys na die bogenoemde funksies van deur in konstruksies, maar beklemtoon nie eksplisiet watter van hierdie gebruike meer of minder algemeen in taalgebruik voorkom nie. In afdeling 2 wordn inleidende bespreking van sleutelbegrippe in die voorstellingsfunksie aangebied, waarna die algemene metodologie en historiese korpus in afdeling 3 in meer besonderhede bespreek word

FUNKSIONELE SINTAKSIS EN DIE VOORSTELLINGSFUNKSIE
Prosesse en argumentrolle in die voorstellingsfunksie
Dinamiese prosesse
Statiewe prosesse
METODOLOGIE
DIE VERANDERENDE GEBRUIK VAN DEUR
Agtergrond – deur saam met verskillende prosesse in verskillende sinsrolle
Deur in verskillende sinsrolle
Die prominentste gebruik van setselstukke met deur
Findings
Die invloed van passiefkonstruksies op die veranderende gebruik van deur
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call