Abstract

The Imago Dei in protological, Christological and eschatological perspectiveThis article discusses the significance of the concept of the “imago Dei” for theological anthropology. Genesis 1 deliberately gives the concept an “open” meaning to make further theological reflection on the nature thereof possible. A purely protological understanding of the concept is therefore insufficient. The New Testament provides the “imago Dei” with a Christological and eschatological understanding that is essential for a correct understanding of the concept as well as for the development of a theological anthropology.

Highlights

  • Hierdie artikel bespreek die belang van die konsep van die “imago Dei” vir teologiese antropologie

  • Hoewel die verwysing na die mens as beeld van God min in die Ou Testament voorkom, is die Ou Testament deurweef met die siening dat die mens alleen in terme van sy verhouding met God verstaan kan word

  • Die beeldskap kan egter ook na aanleiding van Genesis 1:27 aan die mens se geskapenheid as man en vrou verbind word

Read more

Summary

Inleidend

Die Christelike dogmatiek neem bykans sonder uitsondering die konsep van die imago Dei as uitgangspunt vir sy leer oor die mens. Towner (2005:350) wys tereg daarop dat alle bybelse antropologie uiteindelik teologiese antropologie is wat die mens in terme van sy verhouding tot God definieër. Verder moet in gedagte gehou word dat die sistematiese teologie se belangstelling in die imago Dei grootliks te wyte is aan die Christologiese inhoud wat die Nuwe Testament aan die begrip gee. Die doel van hierdie artikel is om ’n raamwerk aan ’n teologiese antropologie te gee, deur op die konsep van die imago Dei te fokus. Die sentrale teoretiese argument van die artikel is dat die priesterlike verhaal doelbewus ’n “oop” betekenis aan die konsep van die mens se beeldskap gee, sodat dit verder deur teologiese besinning ingevul kan word. Die Christologiese en eskatologiese inhoud wat die Nuwe Testament aan die konsep gee, is bepalend vir die verstaan van die begrip en die uitbou van ’n teologiese antropologie. Daar kan immers nooit oor die mens se beeldskap gepraat word sonder om kennis te neem van God se oorspronklike doel met die mens se skepping nie

Die imago Dei in protologiese perspektief
Verteenwoordigende sienings
Sonde en beeldskap
Die imago Dei in Christologiese perspektief
Die imago Dei in eskatologiese perspektief
Konklusie
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call