Abstract

Worship service as instrument in congregation-building – focused on the Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika In this article worship service as an instrument in congregationbuilding is investigated – basis-, meta- and practical-theoretically. Congregation-building is defined as the unique ministry by which the community of believers is led to become what they as believers have already become through Christ. Congregation-building is concerned with growth in three relationships, that is, the relationship between the believer and God, the relationship between the believer and his fellow believers and the relationship between the believer and the world. It is concluded that worship service implies a meeting of God and his covenant people. Worship service therefore has a strong element of mutual building up and witness. Having undertaken a limited empirical study, it was found that the above-mentioned basistheoretical perspectives have not been fully realized in the practice of the GKSA. Even though worship service is experienced as a meeting with God, the dialogical and corporate character of the service, as well as the mutual building up and the relationship with the world, is neglected. Practice-theoretical guidelines are given to rectify this situation by bringing practice closer to theory. The equipping of the believer as well as of the pastor is identified as major concerns. The establishment of a liturgical service group is thus encouraged. The final conclusion is that worship service has a cardinal role to play in congregation-building.

Highlights

  • In hierdie artikel word die erediens basis, meta- en praktykteoreties ondersoek as instrument in gemeentebou

  • Gemeentebou gryp daarom baie sterk terug op wat die erediens is en wat daar gebeur of behoort te gebeur (Nel, 1994:37-38)

  • Dit is egter belangrik vir gemeentebou dat daar meer deelnemers aan die erediens sal wees en dat die gawes wat in die gemeente bestaan, nie ontken of onderdruk word nie

Read more

Summary

Inleiding en metode

Gemeentebou is ’n baie aktuele navorsingsgebied (Nel, 1995:858). Die wese, doel en funksionering van die gemeente is hier ter sprake. Gemeentebou staan nie net in verband met die doel van die gemeente nie, maar dit is direk diensbaar aan die doel van God met die kerk. In gemeentebou gaan dit daarom dat die gemeente begelei word tot effektiewe doelvervulling (Van der Merwe, 1999:393). Die erediens is nie ’n statiese begrip of gebeurtenis nie, maar ’n dinamiese ontmoeting van God met sy volk. Vanuit die erediens word die gemeente gebou, maar dit is net so waar dat ’n gemeente wat erns maak met gemeentebou, veral ook verdieping in sy eredienste sal ervaar. Die oorkoepelende probleemstelling van hierdie artikel is dus: wat is die rol van die erediens in gemeentebou en hoe kan dit in die hedendaagse Suid-Afrikaanse situasie gekontekstualiseer word?. Wat is die huidige situasie met betrekking tot die funksie van die erediens in gemeentebou in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika?. Sodoende word vanuit die twee refleksiedomeine van basisteorie en situasie/werklikheid (in hermeneutiese wisselwerking) ’n nuwe praktykteorie ontwerp (Venter, 1992:42-44; 1996:198-200; Heyns & Pieterse, 1990:38-39)

Begripsbepaling
Basisteoretiese afleidings uit Esra-Nehemia
Basisteoretiese afleidings uit 1 Korintiërs 11-14
Sinodebesluite van die GKSA
Hoe kan dit verbeter word?
Praktykteoretiese perspektiewe op die erediens as instrument in gemeentebou
Erediens van die lewe
Formalisme
Individualisme
Atmosfeer in die erediens
Die erediens as ’n ontmoeting tussen God en sy volk
Die betrokkenheid van elke gelowige in die erediens
Die erediens en die wêreld
Finale gevolgtrekking
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call