Abstract

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se uniformreëls maak nie voorsiening vir enige uitsonderings gebaseer op die godsdienstige oortuigings van lede nie. 'n Islamitiese weermaglid wat genoop voel om 'n hidjab by haar uniform te dra, verbreek tans die voorgeskrewe regulasies en kan gevolglik gedissiplineer en selfs afgedank word. Hierdie artikel redeneer dat die gebrek aan 'n godsdiensgebaseerde spesifieke en beperkte uitsondering ongrondwetlik is in die lig van die individu se reg op godsdiensvryheid, menswaardigheid en gelykheid. Dergelike regte van weermaglede word opgeweeg teen die grondwetlik erkende dissiplinevereiste van die SANW aan die hand van die beperkingsklousule. Met verwysing na regterlike presedent in Suid-Afrika en twee voorbeelde van soortgelyke uitsonderings in die krygsmag van ander lande word geargumenteer dat 'n uitsondering op die uniformreëls nie die dissiplinedoelwit van die SANW sal affekteer nie. Daar is 'n minder beperkende wyse moontlik om hierdie doel te bereik sonder om die grondwetlike regte van die lede aan te tas. Sodanige uitsondering sal ook in ooreenstemming wees met die akkommodasiemodel van toepassing op die Suid-Afrikaanse interpretasie van die skeiding tussen staat en kerk.

Highlights

  • Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 61 No 1: Maart 2021 doi.10.17159/2224-7912/2021/v61n1a6 v Potsane; Legal Soldier (Pty) Ltd v Minster of Defence 2001 (2) SASV 632 (CC)

  • On the other side stand the individual rights of South African Defence Force (SANDF) members, the right to religious freedom, dignity and equality as contained in the Bill of Rights

  • Inclusion of a limited exception to the uniform rules to include a hijab would be a less restrictive way of achieving the goals without impacting negatively on the rights of members. This discussion is informed by South African judicial precedent, the Constitutional Court decision of MEC for Education: Kwazulu-Natal v Pillay 2008 (1) SA 474 (CC)

Read more

Summary

PROBLEEMSTELLING

In die Koran word die volgende vermanings gevind wat te make het met die kuisheid van vroue en die gepaardgaande kledingvoorskrifte: En sê aan die gelowige vroue dat hulle hul oë moet neerslaan en hulle geslagsdrifte moet beheer, en nie hulle skoonheid tentoonstel nie, behalwe wat geoorloof is om sigbaar te bly. Dit is gemene saak dat daar nie tans ’n uitsondering in die uniformreëls is vir die dra van godsdienstig genoopte kledingstukke soos ’n hidjab nie. (2) Iemand wat onder omstandighede waar dit nie op ’n misdryf ingevolge subartikel (1) neerkom nie, ongehoorsaam is aan ’n wettige bevel deur sy hoër offisier gegee, is aan ’n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens een jaar. Anders gestel: sou daar nie van die SANW verwag kon word om in ’n grondwetlike, multigodsdienstige samelewing die fundamentele godsdienstige vereistes van gelowiges te akkommodeer, deur die nodige uitsondering te maak op die bestaande voorgeskrewe uniformreëls nie? Laastens word ’n oplossing voorgestel vir die Isaacs-dilemma aan die hand van bewese oplossings in twee buitelandse jurisdiksies

SKEIDING VAN KERK EN STAAT
DISSIPLINE IN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIONALE WEERMAG
DIE VSA EN KANADA
SLOTSOM
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call