Abstract

In hierdie artikel word 'n uiteensetting gegee van die proses en die resultate van die gebruik van 'n self-geadministreerde aanlyn opname en vraelys om die mees "geliefde" kerklied in Afrikaanssprekende gemeentes in Suid-Afrika te bepaal. Daar word aandag gegee aan aspekte soos die keuse van metode, steekproefneming van respondente, vraelysontwerp en die statistiese ontleding van response. Sommige van die risikoverminderingstrategieë wat die navorser gebruik, word ook uitgelig. Uit die ontleding van die data is dit duidelik dat gemeentes 'n voorkeur toon vir kerkliedere uit die Liedboek en Psalmboek, maar dat daar duidelik ook 'n liefde is vir liedere uit beide die VONKK- en FLAM-genre. Dit is verder ook duidelik dat die Psalms (al is dit net 'n paar) in die amptelike Afrikaanse Liedboek steeds 'n belangrike rol speel in die spiritualiteit van baie van die Afrikaanssprekende gemeentes in Suider-Afrika. Hierdie artikel dra by tot die metodologiese debat in die navorsingsveld van kerkmusiek.

Highlights

  • This article provides an explanation of the process and results of using a self-administered online survey and questionnaire in determining this most beloved hymn/song

  • The most obvious problem with such a research project is where one will start with the selection of these “favourite” hymns? To determine a workable population of hymns, it was decided to focus only on the population of hymns and songs currently in use in the various Afrikaans-speaking churches in Southern Africa taken from four different sources

  • From May 2020, the researcher, using the Delphi technique, and a panel of experts compiled a consensus sample of these hymns (Phases 1 and 2 of the research project), which was used as a population from which the most beloved church hymn/song could be determined (Phase 3 of the research project)

Read more

Summary

Inleiding

Sedert Oktober 1961 saai die BBC weekliks Songs of Praise uit. Dit is ’n godsdienstige televisieprogram wat Christelike liedere aanbied wat in kerke en plekke van aanbidding uit verskillende denominasies van oor die hele Verenigde Koninkryk (VK) gesing word (Barr, 2006). Wat is dus die mees geliefde kerklied in die onderskeie Afrikaanssprekende gemeentes in Suider-Afrika? Met die goedgunstige ondersteuning van die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging (SAKOV), het die navorser besluit om hierdie projek aan te pak om sodoende te probeer vasstel wat Afrikaanssprekende kerke in Suider-Afrika se gunstelingkerklied is. Ten einde ’n werkbare populasie van kerkliedere te bepaal, is daar eerstens besluit om net te fokus op die liedereskat wat in die onderskeie Afri­ kaanssprekende kerke in Suider-Afrika gebruik word. Vanaf Mei 2020 het die navorser, deur gebruikmaking van die Delphi-tegniek en ’n paneel van kundiges, ’n konsensussteekproef van hierdie kerkliedere saamgestel, wat toe gebruik is as ’n populasie waaruit die mees geliefde kerklied bepaal kon word (Els, 2020). Die doel van hierdie artikel is dus om op ’n narratiewe wyse die proses en uitslae met die bepaling van die gunstelingkerklied in Afrikaanssprekende gemeentes in Suider-Afrika te beskryf

Keuse van liedere
Navorsingsmetodiek in die volledige navorsingsprojek
Fase 1
Fase 2
Metingsinstrument
Steekproefneming
Etiese klaring
Data-insameling
Verspreiding van die vraelys
Datavoorbereiding
Samevatting
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call