Abstract

Academe in South Africa: a fulfilling profession? South African academics possess a collective value system. However, other value systems impact not only on their value system but also on their academic work. They typically find themselves working in an institutional, a national and an international context, each with its own hierarchy of values. A theoretical discussion of (the role of) values in the academic workplace is followed by an overview of the professional values held by South African academics as measured by means of the Changing Academic Profession (CAP) Survey, which was carried out in 2008. The survey revealed, for instance, a rift between the institutional value hierarchy and that of the academic profession. It can therefore be concluded that many South African academics seem to lead relatively unfulfilled professional lives, among others, because they find themselves working in an environment (various contexts) with many contradictions. These problems should be addressed for the sake of the well-being of both the academic profession and of the higher education sector.

Highlights

  • Hulle werk tipies in ’n institusionele, nasionale en internasionale konteks, elkeen met ’n eie waardehiërargie. ’n Teoretiese bespreking van waardes in die akademiese werksomgewing word opgevolg met ’n oorsig van die professionele waardes van Suid-Afrikaanse akademici soos gemeet met behulp van die Changing Academic Profession (CAP)-opname wat in 2008 uitgevoer is

  • Al hierdie soorte waardes speel ’n onmisbare rol in die lewe en werk van die akademikus as individu, maar ook as lid van die akademiese professie

  • Voorskrifte van die Nasionale Kwalifikasie-owerheid, ouditeursverslae van die Hoëronderwys-kwaliteitskomitee en gedwonge samesmeltings van universiteite en ander hoëronderwysinstansies het ’n negatiewe uitwerking op akademiese outonomie gehad – iets wat nie lank gelede nie nog ondenkbaar was en wat tans op die een of ander wyse deur elke lid van die akademiese professie in Suid-Afrika ervaar en beleef word

Read more

Summary

Inleiding

Hoëronderwys, en by implikasie die akademiese professie as ’n kernkomponent daarvan, vervul ’n belangrike funksie in 21e-eeuse samelewings. Akademici se werk en hulle deelname aan die rekonstruksieproses word gerig deur die waarde(stelsel)s en waarde-oriënterings wat hulle as individue en as professionele groep huldig. ’n Individu se gedrag word in ’n hoë mate deur sy/haar waarde-oriëntering bepaal. Hierdie artikel bied enersyds ’n teoretiese beskrywing en ontleding van en kritiese refleksie op die Suid-Afrikaanse akademiese professie se waardes as intellektuele groep en andersyds ’n beskrywing van ’n empiriese oorsig waarin bepaal is tot watter mate hulle beroepsomstandighede by hulle kollektiewe waardestelsel aansluit. Die uiteensetting begin met ’n teoretiese raamwerk wat wentel om die begrip waardes, die konstellasie van waardestelsels waarbinne die Suid-Afrikaanse akademikus hom/haar bevind en die sleutel-. Daarna volg ’n uiteensetting van die vermelde empiriese ondersoek wat uitgevoer is. Daarna volg ’n uiteensetting van die vermelde empiriese ondersoek wat uitgevoer is. ’n Bespreking van die resultate, enkele gevolgtrekkings en aanbevelings rond die artikel af

Waarde-oriëntering
Akademiese kontekste
Die begrip vervullende professie
Die CAP-ondersoek
Navorsingsontwerp
Die Suid-Afrikaanse akademiese professie en die onderrig-navorsingsverhouding
Onderrig-navorsingspanning
Navorsing
Bespreking
Findings
Gevolgtrekking en aanbevelings
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call