Abstract

Dagloners is werklose mense, meestal mans, wat 'n poging aanwend om 'n inkomste te verdien deur hul arbeid en vaardighede in 'n arbeidsmark langs die pad of by 'n kruising te verkoop. Die groeiende aantal dagloners wat 'n lewe uit informele indiensname maak, is 'n duidelike teken dat Suid-Afrika nie die werkloses in die arbeidsmark kan absorbeer nie - veral nie die laag- en ongeskoolde arbeiders nie. Om in die informele ekonomie te oorleef en 'n bestaan te maak, impliseer n onsekere inkomste en bestaan. Hierdie nasionale studie is in twee fases uitgevoer. Tydens 'n verkenningsfase het die outeurs n landwye verkenning in 2005 en 2006 onderneem. Dit het 'n geskatte aantal dagloners in Suid-Afrika van tussen 45 000 en 50 000 opgelewer. Die tweede fase van die studie het bestaan uit die ontwerp van die vraelys, die opstel van die steekproef vir die gevallestudie asook die uiteindelike veldwerk. Die steekproef is saamgestel proporsioneel tot die aantal dagloners wat in die geïdentifiseerde stede en dorpe aanwesig was tydens die eerste fase van die projek. Die outeurs het van bondelsteekproefneming en sneeubalsteekproefneming gebruik gemaak om te verseker dat die dagloners in stedelike en landelike gebiede nie onder- of oorverteenwoordig word nie. Die opleiding van die veldwerkers het deeglike aandag geniet en die veldwerk self het van Februarie 2007 tot November 2008 geduur, waartydens 3 830 onderhoude gevoer is. Alle etiese oorwegings het ook deeglike aandag ten tye van die navorsing geniet. Die doel van die artikel is om die sosio-ekonomiese profiel van dagloners in Suid-Afrika te beskryf as 'n gevallestudie wat illustreer watter druk op die maatskaplike samehorigheid van die gesinne en gemeenskappe in die informele ekonomie geplaas word. Daar word in besonder aandag gegee aan die sosio-ekonomiese omstandighede van die dagloners en die beleids- en institusionele maatreëls wat ingestel moet word om ondersteuning aan die dagloners te kan bied, sodat samehorigheid bevorder kan word en nie bedreig word, soos tans die geval is nie.

Highlights

  • Day labourers are unemployed people, mostly men, making a living by selling their labour and skills on the street corners of South African cities and towns

  • The first phase lasted approximately two years, which were spent travelling throughout South Africa to determine on which street corners and open spaces the day labourers are standing in the cities and towns of South Africa

  • This reconnaissance phase of the study resulted in the estimation that there are at least 50 000 day labourers occupying street corners of South African towns and cities daily

Read more

Summary

INLEIDING

Die konsep maatskaplike bestel of maatskaplike samehorigheid dui op komplekse en interafhanklike sisteme en eienskappe wat in die gemeenskap bestaan. Suid-Afrika word tans gesien as een van die gewildste bestemmings vir mense uit Afrika-lande wat blootgestel is aan oorloë, korrupsie en outokratiese regerings (Theodore et al 2017:142). Sodoende kan gepaste beleids- en institusionele ondersteuning ontwikkel word wat kan bydra om dié sosiale uitdagings aan te spreek en die druk op informele werkers se bestaan en oorlewing te verlig. Dit is teen hierdie agtergrond dat die navorsers uit die Maatskaplike Werk en Ekonomie saamgewerk het om die sosio-ekonomiese profiel van die dagloners in Suid-Afrika te ondersoek. Daar word ook in besonder aandag gegee aan die beleids- en institusionele maatreëls wat daargestel moet word om ondersteuning aan die dagloners te kan bied, sodat samehorigheid bevorder kan word en nie bedreig word soos dit tans die geval is nie

METODE
Demografiese profiel van die dagloners in Suid-Afrika
Gesinsbande en verhoudinge
Die individuele omstandighede van die dagloners
Voedselsekerheid van die dagloners
Veiligheidsaspekte van die dagloners se bestaan
Die vorming van ondersteuningsnetwerke
GEVOLGTREKKING
Die ervaring van maatskaplike geregtigheid en gelykheid
Ervaringe van deelname en inklusiwiteit
Die ervaring van aanvaarding
Findings
Die ervaringe van selfwaarde en lewenstevredenheid
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call