Abstract

Embodied realism and congruent God constructs The findings of modern cognitive sciences have far-reaching implications for the philosophical framework within which theological texts have been and could be interpreted. In this regard, the body presents itself as an important epistemological agent. Body-critical analysis of Bible texts provides insight into the societal and cultural factors that brought about those texts, and presents a philosophical approach of embodied realism congruent with the embodiment of thought, the cognitive subconscious and the methaphorical nature of abstract concepts. By taking the body ideology fundamental to the concepts and constructs in religious texts seriously, a new discourse can be stimulated that will bring about new embodied perspectives on the relationship between humans, the environment and other �others�. A society that is serious about ecojustice as far as the interrelatedness of all creatures is concerned should shoulder the responsibility continuously to consider and revise its hierarchical normative paradigms. The purpose of this article is to investigate the role and place of the body in the establishment of God constructs as normative paradigms.

Highlights

  • Die bevindinge van moderne kognitiewe wetenskappe het ingrypende implikasies vir die filosofiese denkraamwerk waarin kulturele geskrifte, veral teologiese tekste, vertolk is en kan word

  • Die liggaam is nooit bloot ‘n objek in die wêreld nie, maar die medium waardeur ons wêreld in aansyn geroep word (Leder 1990:5)

  • Denke en rede, soos die kognitiewe wetenskappe uitwys, bied ‘n nuwe begrip van die verhouding tussen gedagte of denke, en realiteit: Dít kan ‘n beliggaamde realisme genoem word (Lakoff & Johnson 1999:95)

Read more

Summary

Beliggaamde gees

Die bevinding oor die beliggaamdheid van die gees, selfs die term ‘beliggaamde gees’ op sigself, betwis in wese tradisionele dualismes, en trek ‘n streep deur die byproduk van Cartesiaanse dualisme, naamlik objektivisme. Denke en rede, soos die kognitiewe wetenskappe uitwys, bied ‘n nuwe begrip van die verhouding tussen gedagte of denke, en realiteit: Dít kan ‘n beliggaamde realisme genoem word (Lakoff & Johnson 1999:95). In objektivistiese sienings van betekenis en rasionaliteit word die menslike liggaam, veral die struktuur van konseptualisering, verbeelding en begrip wat uit ons beliggaamde bestaan na vore kom, tot dusver grootliks geïgnoreer en onderskat. Die liggaam word geïgnoreer omdat dit klaarblyklik geen rol in ons redevoering oor abstrakte konsepte speel nie (Johnson 1987:xi). Dat hierdie gevolg van die Cartesiaanse liggaam-gees-dualisme betwis moet word, blyk uit die geweldige sosiale impak wat dit gehad het en steeds het. Dit impliseer dat die beliggaamdheid van alle konsepte, soos gender, natuur, God, ensovoorts, erken en moontlik aan die hiërargieë wat daarop gebou is, ontruk moet word. Dit kan belangrike gevolge vir die herstel van vele verbrokkelde verhoudinge inhou

Onbewuste denke
Metaforiese aard van abstrakte konsepte
DIE GODSKONSTRUK AS REGULERINGSLIGGAAM
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call