Abstract

Hierdie artikel kontekstualiseer, verduidelik en beoordeel die ontwikkeling van politieke regte vir "Kleurlinge" in Suid-Afrika, tot 1979. Dit word gedoen vanuit die teoretiese perspektief van beleidsentrepreneurs wat verskillende persoonlike, professionele en ander sosiale netwerke tot hulle beskikking gebruik om direkte beleidsbeïnvloeding te doen. Die artikel skets eers kortliks die teoretiese uitgangspunte en kenmerke van beleidsentrepreneurskap en -netwerkbeïnvloeding en som dan die ontwikkeling van politieke regte vir die "Kleurlingge-meenskap" in die land op, tot PW Botha die leierskap van die Nasionale Party oorgeneem het. Die artikel kontekstualiseer en fokus veral op die aanloop tot en die afloop van die Erika Theron-kommissie, wat 'n direkte rol gespeel het by die uiteindelike instelling van 'n fun-damentele nuwe staatsbestel in die land. Die ondersoek illustreer die toepassing en impak wat doelgerigte individuele beleidsentrepreneurskap en -netwerkbeïnvloeding deur strategies geposisioneerde individue, groepe en netwerke op fundamentele samelewingsverandering kan hê. Dit illustreer en staaf verder die belangrike kumulatiewe effek wat beide interne en eksterne politieke druk op beleidsverandering kan hê. Dit het belangrike implikasies vir huidige en toekomstige beleidsaanpassings in Suid-Afrika en in ander demokratiese beleidsveran-deringsprosesse.

Highlights

  • Policy discrimination, change and entrepreneurship: Political rights for “Coloureds” in South Africa until 1979 This article contextualises and assesses the development of and changes in political rights for “Coloured” South Africans, until 1979

  • The research comprises a case study of attempts during the period 1960–1979 to improve political rights for the “Coloured” community in South Africa. During this period of time a significant attitudinal policy change occurred in the South African government that initiated a gradual erosion of the ideological tenets of apartheid

  • It created an experiment with restricted power-sharing of whites with two other racial minority communities in the country during the early 1980s. This experiment failed, but ironically created crucial facilitating conditions for the start of political negotiations between the NP government and black liberation movements that eventually led to the current post-apartheid society in South Africa

Read more

Summary

Inleiding

Hierdie artikel identifiseer en beoordeel die oorsprong en belangrikste manifestasies van die inkrementele politieke liberaliseringsproses wat oor ’n lang periode gelei het tot toenemend meer “integrasie” en politieke regte vir “Kleurlinge”(voortaan sonder aanhalingstekens) in Suid-Afrika (Van Wyk, 2005:33). Die fokus is veral op die direkte, leidinggewende beleidsinsette wat ’n klein netwerk van enkele “verligte” Afrikanermeningsvormers, veral enkele akademici by Stellenbosch Universiteit, maar ook vanuit ander dele van Suid-Afrika, as sogenaamde “beleidsentrepreneurs” gelewer het om rigting en inhoud aan hierdie proses te gee (Broodryk, 1991; Van Wyk, 2005). Julius Jeppe van Stellenbosch verfyn deur wat Willem de Klerk verlig genoem het, as “oorbelig” te bestempel (Beukman, 2018), en so ’n meer positiewe betekenis aan “verlig” te gee, naamlik wat De Klerk se pragmatiese, sentristiese, middelgrondopsie was (Van Wyk, 2005:19, 32; Van Niekerk, 2017). Die ondersoek illustreer die toepassing en impak wat doelgerigte, individuele beleidsentrepreneurskap en -netwerkbeïnvloeding deur strategies geposisioneerde individue, groepe en netwerke op fundamentele samelewingsverandering kan hê (Van Wyk, 2005:137)

Die rol van beïnvloedingsentrepeneurs en -netwerke in beleidsverandering
Verskillende benaderings tot rasseskeiding in Suid-Afrika
Stellenbosch
Stellenbosch SABRA en politieke regte vir Kleurlinge in 1960
In handtekeningvolgorde
11. Gevolgtrekkings
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call