Abstract

Sommige Christene se wetenskaplik-geïnformeerde wêreldbeeld laat min ruimte vir bonatuurlike verskynsels of ingrypings buite die aanvaarde sisteem van verklaarbare oorsaak-en-gevolg. Hulle verwag nie ʼn bonatuurlike/goddelike ingryping nie omdat dit buite hulle verwysingsraamwerk val. Sommige in dié groep is die sogenaamde "cessationists", wat inter alia die Handelinge 2-gebeure van Pinksterdag en die daaropvolgende Geestesdoopervarings (Hand 4:31; 8:14-17; 9:17; 10:44-48; 11:15-16; 13:52; 19:2-6) asook die voorkoms van Geestesgawes in die vroegste Kerk (1 Kor 12-14; Rom 12:6-8; Ef 4:11-13; 1 Pet 4:10-11) beperk tot apostoliese tye. Hierteenoor verwag klassieke Pinkstergelowiges dat die bonatuurlike hulle steeds sal verras en dat die gebeure van Pinksterdag sowel as die werking van die Gees wat die lewe van die apostels en eerste gemeentes gekenmerk het, herhaal word in hulle midde. Trouens, hulle interpreteer en modelleer die huidige werklikheid aan die hand van Bybelse narratiewe en veral Lukas-Handelinge speel ʼn bepalende rol as "geskiedenis" van Jesus en die vroegste Kerk. Pinksterteoloë gebruik dan ook verskeie aspekte van die Lukaanse narratief om aan te dui dat die skrywer gebeure beskryf met die duidelike doel om lesers aan te moedig om hulle praktyk aan die hand daarvan te modelleer teenoor die "cessationist" standpunt dat Lukas se narratiewe vanuit die teologie in Paulus se leerredes geïnterpreteer moet word. Dié interpretasies van Lukas-Handelinge word kortliks beskryf voor enkele aspekte daarvan krities bespreek word.

Highlights

  • Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 57 No 3: September 2017 doi.10.17159/2224-7912/2017/v57n3a8 the supernatural would continually surprise them and that the events of the Day of Pentecost as well as the operation of the Spirit that characterized the life of the apostles and first assemblies as described in Acts would be repeated in their midst. They interpret and model their current reality on the basis of biblical narrative and especially Luke-Acts plays a decisive role as the replicable “history” of Jesus and the early Church

  • Pentecostal theologians use various aspects of the Lukan narrative to indicate that the author describes events with the clear aim and intention to encourage readers to model their practice on the basis thereof contra the cessationist view that interpret Luke’s narrative about the Spirit from the theology in Paul’s letters where he responds to specific situations in congregations to teach about the Spirit

  • Cessationist theology responds to Luke’s version of the baptism in the Spirit by interpreting Luke in Pauline terms, when Spirit baptism is limited to the event of initiation of the faithful into the Body of Christ, while Pentecostal theology chooses to describe it as a further experience in the lives of believers, in distinction from the first experience of salvation and the second experience of sanctification

Read more

Summary

INLEIDING

Dat onderskeie teologiese tradisies by verskillende standpunte uitkom oor onder andere die praktyk van die doop en nagmaal, die leerstellings van uitverkiesing en verbond, en hoe die erediens ingerig behoort te word, hang van onder andere historiese faktore, leerstellige verskille asookn verskil in hermeneutiese benadering af. Die eerste veronderstelling word met die “cessationist” standpunt geassosieer wat nie aanvaar dat die Handelingenarratief (asook die apostoliese kerk van die eerste eeu) as model vir die moderne kerk dien nie (Hutten 1954:395; Van der Walt 1961:95-96; Molenaar 1963:11, 18, 27; Hacking 2006:200), terwyl die Pinksterkerke doelbewus hulle eredienste asook evangelisasie-uitreike aan die hand hiervan (probeer) modelleer (Archer 2009:140-156). Hierteenoor funksioneer die standpunt van Pinksterteoloë dat die gebeure in die Handelinge-narratiewe duidelik en doelgerig bedoel is om as model vir die latere Kerk te dien; die Pinksterdaggebeure kan en moet weer en weer herhaal word, sodat gelowiges van elke geslag met krag toegerus kan word om as getuies te dien (Luk 24:40; Hand 1:8)..

LUKAS-HANDELINGE AS MODEL VIR DIE KERK
Handelinge 2:17-21 en die Pinkstergebeure
PAULUS EN LUKAS OOR DIE HEILIGE GEES
Leerstelling vanuit narratief formuleer
Pinksterwêreldbeeld
Ervaringsgerigtheid
GEVOLGTREKKING
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call