Abstract

Hierdie artikel het ten doel om 'n perspektief te bied op Afrikataalleksikografie se reaksie op ontwikkelings in die internasionale leksikografiepraktyk met betrekking tot nuwe tendense en veranderinge wat hoofsaaklik deur die elektroniese era teweeg gebring word. Die ontwikkeling van die Afrikataalleksikografie sal met dié van hoofsaaklik Engelse papier- en elektroniese woordeboeke vergelyk word. Drie tydperke van leksikografiese ontwikkeling word onderskei. Daar word geargumenteer dat die algehele prentjie vir die ontwikkeling van Afrikataalleksikografie minder gunstig is as dié van Engels en tale soos Duits en Frans. Die fokus is op die beskikbaarheid van woordeboeke, leksikografiese gehalte, die gebruik van nuwe beskikbare rekenaartegnologieë en die gebruik van inligtingsbronne van die inligtingsera. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die leksikografiepraktyk in die Afrikatale in die meeste gevalle nie tred hou met internasionale ontwikkelings in die leksikografie nie en dat die aantal uitdagings vir dié tale toegeneem het. Ten slotte word 'n aantal stukragte geïdentifiseer wat ten goede kan meewerk om die kwaliteit van Afrikataalwoordeboeke te verbeter.

Highlights

  • Die doel van die artikel is om vas te stel tot watter mate leksikografie in die Afrikatale vanaf die pre-elektroniese korpusera in die leksikografie tot op hede tred gehou het met die jongste internasionale tendense in die ontwikkeling van die leksikografie

  • Hierdie artikel fokus in beginsel op wat internasionaal as Bantoetale bekend staan, 'n deelversameling van die breër term Afrikatale wat in werklikheid in vier taalfamilies verdeel kan word (Heine en Nurse 2000: 1)

  • As maatstaf vir beoordeling van die mees basiese leksikografiese vereistes wat in hierdie artikel as kriteria voorgehou word kan woordeboeke vir Afrikatale met enige woordeboek vir byvoorbeeld Engels, Frans, of Duits vergelyk word

Read more

Summary

Inleiding

Die doel van die artikel is om vas te stel tot watter mate leksikografie in die Afrikatale vanaf die pre-elektroniese korpusera in die leksikografie tot op hede tred gehou het met die jongste internasionale tendense in die ontwikkeling van die leksikografie. Ten slotte word 'n aantal aanbevelings gemaak wat kan meehelp tot die verbetering van Afrikataalwoordeboeke en dat Afrikataalleksikografie nie nog verder uit pas raak met internasionale tendense nie. As maatstaf vir beoordeling van die mees basiese leksikografiese vereistes wat in hierdie artikel as kriteria voorgehou word kan woordeboeke vir Afrikatale met enige woordeboek vir byvoorbeeld Engels, Frans, of Duits vergelyk word. Daar sou geargumenteer kon word dat 'n vergelyking van Afrikataalwoordeboeke met woordeboeke wat uit 'n ryke leksikografiese tradisie stam enigsins ongebalanseerd is. Wanneer hierdie getal vergelyk word met die 6 700 woordeboeke wat volgens Awak (op cit.) reeds 30 jaar gelede vir Engels bestaan het, is dit duidelik dat so 'n een-tot-een vergelyking nie uitvoerbaar is nie. In die lig hiervan, is die visier van hierdie artikel juis grof gestel om 'n globale oorsig oor die stand van die Afrikataalleksikografie te gee

Basiese kriteria vir die beoordeling van leksikografiese kwaliteit
Woordeboeksamestelling in die prekorpusera1
Nuwe uitdagings
Die era van rekenaartegnologie
Die korpusera vir leksikografie
Aanlyn woordeboeke
Uitfasering van papierwoordeboeke ten gunste van aanlyn woordeboeke
Die toevallige woordeboekgebruiker
Die inligtingsera
Koppeling en ondersteuningstrukture
Toekoms van die Afrikataalleksikografie
Samevatting
Erkenning van finansiële ondersteuning
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call