Abstract

Suid-Afrikaanse vroue kry toenemend erkenning en word meer gereeld aangestel in prominente openbare posisies. Nogtans kan sekere groepe vroue steeds as kwesbaar beskou word. Australiese literatuur fokus gereeld op die rol van vroue in myndorpe. Suid-Afrikaanse literatuur oor die onderwerp is dun gesaai. Hierdie artikel poog om die leemte in die literatuur te vul deur te fokus op data uit drie verskillende soorte onderhoude wat in 2017 in Emalahleni gevoer is. Dit blyk dat vroulike inwoners van dié myndorp wel as kwesbaar beskryf kan word. Eerstens op ekonomiese gebied, waar hul werkloosheidskoers baie hoër en hul arbeidsmagdeelnamekoers baie laer is as dié van hul manlike eweknieë. Tweedens is hulle baie minder tevrede met hul lewenskwaliteit. Vroue wat aan die hoof van hul huishoudings staan, is baie meer bewus van huishoudelike geweld en gesondheidsprobleme weens besoedeling, en toon baie minder vertroue in hul mede-inwoners.

Highlights

  • Without denying the positive economic impact of mining, these studies focus on the social impact of mining on communities

  • The position of women in mining towns is the focus of Sharma (2010)

  • The South African literature, until now has mainly ignored the topic of women in mining towns.This article aims to fill this void by focusing on the mining town of Emalahleni

Read more

Summary

INLEIDING

Inn onlangse publikasie van die Internasionale Monetêre Fonds (Dabla-Norris & Kochhar 2019) word die ekonomiese koste van geslagsongelykhede in die werksplek ondersoek. Die skrywers kom tot die gevolgtrekking dat nasionale ekonomieë met tussen 10% en 30% kan groei indien vroulike werkers dieselfde behandeling en voordele as manlike werkers sou ontvang. Die Suid-Afrikaanse Handves van Regte spel dit in Afdeling 9 baie duidelik uit dat daar teen niemand of geen groepe gediskrimineer mag word nie. Ondanks die beskerming wat vroue in die Suid-Afrikaanse Grondwet geniet en die erkenning wat vroue toenemend in die SuidAfrikaanse openbare sektor kry, kan sekere groepe vroue in sommige gevalle vandag steeds as kwesbaar beskou word. Een son voorbeeld is die kwesbaarheid van vroulike inwoners van myndorpe. Met die oorhoofse vraag of vroulike inwoners van die myndorp asn kwesbare groep beskou kan word, word kwesbaarheid gemeet op grond van hul ekonomiese status sowel as hul persepsies rakende hul lewenskwaliteit

LITERATUURSTUDIE
EMALAHLENI
NAVORSINGSMETODE
Kwalitatiewe onderhoude
Individuele vraelyste
My lewe is meestal na aan dit wat ek as ideaal beskou
Vraelyste met betrekking op huishoudings
Findings
SLOTOPMERKINGS
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.