Abstract

Ek is een vanne twieling. Op ’n paa mâne val my suster op haa kop en daana begin sy fit. Epileptiese aanvalle soes die doktus ôs verduidelik et. Soe nou was sy die siek kint en ek die invisable, of soe het ek daao gevoel. As sy ’n fit gekry et moes ek by haa sit in case sy wee een kry. My ma-hulle’t dan tiê oppie stoep gedrink en gesels en ek’t yti kamevenster die kinnes en my niggies sien aeroplane-hokkie oppie pavement voorie hys sien speel, while ek my siste guard. Ek kan onhou. In primary skool. In stanerd vier. Dai jaar wassit op sy ergste. As sy oppie skool ’n toeval gekry et, dat ekkie net geworry dat sy sal dood gani, ma oek geworry ori kinnes wat ek moet regsien wat nog kans sien ve haa condition mock deur hulle gesigte te trek soes sy lyk as sy fight om asem te kry. Wanne sy fit, is haa brein oxygen deprived en kannit breindood cause. Hulle hettie dai gewietie en niemand herrit ve hulle ooit gesê nie, ma ek het gewiet. En ek’t nooit kans gekry om eers dit te onthou innie moment ie, want ek moes sieke maak sy’s op haa linke sy en haa tong probee sy nie afbyt ie. Soe ek moes focus en amal ytblock en ma die bysake virrie aftermath los. Dit was horrible en ek was daa. Deur alles, amper altyd. Ek was haa bodyguard.

Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.