Abstract

Die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal aan Suid-Afrikaanse universiteite is reeds vir 'n geruime tyd in die spervuur. Die verengelsing van hoër onderwys is egter 'n wêreldwye tendens wat verband hou met globalisme en die (her)internasionalisering van die universiteitswese. Die kern van hierdie studie bestaan uit 'n inhoudsontleding van response van Afrikaansspre-kende studente aan die Universiteit van Suid-Afrika op die vraag waarom hulle Engels as studietaal gekies het. Ten tyde van die ondersoek was 'n aantal modules by die Universiteit in Afrikaans beskikbaar. Dat talle Afrikaanssprekende studente Engels as onderrigtaal verkies, word dikwels as regverdiging gebruik vir die voorstel om Afrikaans as onderrigtaal af te skaf. Betreklik min navorsing oor die redes vir hierdie verskynsel is gedoen. Die feit dat handboeke oorwegend Engels is, was een van die belangrikste redes waarom Afrikaanssprekende studente in Engels studeer het. Voorts was daar onduidelikheid oor die opsie om in Afrikaans te studeer. Afgesien hiervan is 'n aantal wanopvattings oor die universaliteit van die Engelse taal en persepsies dat Afrikaanse vakterminologie lomp en/of onverstaanbaar is, waargeneem. Uiteindelik is dit die Afrikaanse taalgemeenskap se plig om jongmense daarvan te oortuig dat leer deur Afrikaans nie noodwendig 'n agterstand impliseer nie. Tersiêre onderrig in Afrikaans moet bevorder word deur handboeke in Afrikaans beskikbaar te stel en terminologie te standaardiseer. Studente wat verkies het om in Engels te studeer, was verder opvallend minder verbind tot nie net hul eie taal- en kultuurgroep nie, maar ook tot Suid-Afrika.

Highlights

  • Students were uncertain whether they had the option to study in Afrikaans

  • It was noted that students who chose to study in English were noticeably less committed to the identity of their own language and cultural group, and to South Africa

  • (2016), wys egter daarop dat aktiewe strategieë, soos beleidstukke om onderrig in inheemse tale te bevorder, ondermyn word deur passiewe agendas wat sterk beïnvloed word deur inter­ nasionale kragte soos globalisering en die dominante posisie van Engels in die hoër onder­wys wêreldwyd

Read more

Summary

INLEIDING

By al die staatsbefondsde Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings wat voorheen Afrikaans as onderrigtaal gehad het, word die aanbod van onderrig in Afrikaans afgeskaal of is dit reeds uitgefaseer (Oosthuizen 2019). ’n Komplekse interaksie tussen ’n reeks faktore het hiertoe aanleiding gegee (Burger in Oosthuizen 2019: par 15). Daar is egter ’n belangrike faktor wat dikwels nie die aandag geniet wat dit verdien nie, naamlik dat baie Suid-Afrikaanse studente – ook Afrikaanssprekende studente – kies om onderrig in Engels te ontvang (Balfour 2007; Beukes 2010; Oosthuizen 2019). Alhoewel persentasies soos die bogenoemde dikwels nie die rasse- en taalverspreiding van studente by die betrokke universiteite in ag neem nie, kan aanvaar word dat baie Afrikaanssprekende studente wel verkies om in Engels te studeer. Du Plessis (2016) noem dat besluite teen Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit van die Vrystaat onder meer beïnvloed is deur ’n denkklimaat wat vyandig teenoor Afrikaans was. Dit is egter nie slegs in SuidAfrika waar die denkklimaat in hoër onderwys teen ander tale as Engels gedraai het nie. Dit is ’n tendens wat ten nouste verband hou met globaliserende kragte wat wêreldwyd waargeneem kan word

Taal en die idee van die universiteit
Internasionalisering in die universiteitswese
Globalisering
Globalisme
GLOBALISME EN TAALKEUSES IN DIE HOËR ONDERWYS
NAVORSINGSMETODE
RESULTATE
BESPREKING
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.