Abstract
The psychological identity of evil: Lacan, aggression and Op soek na generaal Mannetjies Mentz The title of Christoffel Coetzee’s novel Op soek na generaal Mannetjies Mentz introduces a wordplay on Mentz/mens and begs the question: What is man (die “mens”)? Evil as portrayed in this novel can partly be explained by referring to the violent war circumstances, or it can be attributed to the philosophical idea of the “second nature” that Mentz develops in the course of the narrative. I use Lacan’s theory of the formation of identity to explain irrational violence and evil in man. Evil – as seen in this novel – is the result of the following: the pain of a fragmented, suffering body; the identification with an ideal image or leader; the lack of self-reflection; the opposition between “us” and “them”; the Oedipal violence against the parent and the inherent violence of the law.
Highlights
Die titel van Christoffel Coetzee se roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz benadruk die belangrikheid van die woordspeling op Literator 24(2) Aug. 2003:105-123
Boosheid – soos geteken in dié roman – is ook die resultaat van die volgende prosesse in die roman: die pyn van ’n gefragmenteerde liggaam; die identifikasie met die beeld van ’n ideale leier; die gebrek aan selfrefleksie; die opposisie tussen die “hulle” en die “ons”; Oedipale geweld teenoor die ouer en die inherente geweld van die wet
Silverman (1983:92) sê in teenstelling tot Lacan dat kritiek op die huidige kulturele orde wel moontlik is, omdat ons kan verstaan dat alle ideale representasies deur kultuur geskep word en dat hierdie simboliese orde nie universeel of absoluut is nie
Summary
Die titel van Christoffel Coetzee (1998) se roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz impliseer dat ’n soektog onderneem moet word om Mannetjies Mentz te identifiseer en te vind. Die verteller vra dan die volgende vraag: Tweedens: was Mannetjies Mentz nie, byvoorbeeld, ’n soort ‘kollektiewe’ eienaam nie, geskep met die uitsluitlike doel om ’n kapstok te wees vir ’n spesifieke soort optrede waarvoor niemand verantwoordelikheid wou aanvaar nie? Dit is beduidend dat die verteller nie hier die betekenismoontlikhede van die naam ondersoek nie. ’n Leser van fiksie is egter nie ’n geskiedkundige nie en om Mannetjies Mentz in die eerste plek te sien as ’n kollektiewe eienaam, die amateurgeskiedkundige se tweede moontlikheid, is vir dié leser sinvol. Ek bespeur ’n woordspeling op die naam “Niemann” in die res van die amateur-geskiedkundige se verduideliking: “om ’n kapstok te wees vir ’n spesifieke soort optrede waarvoor niemand (my kursivering – LB) verantwoordelikheid wou aanvaar nie” (15). Wat wel ooglopend moontlik is, is om die omstandighede na te speur waarin die bose opbloei; om Mentz se uitgesproke filosofie van die “tweede natuur” te ondersoek en om redes vir die moontlikheid van boosheid binne elke individu te vind
Talk to us
Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have
Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.